MULLER: DIE KINDERS SE HELD – TB

R 75.00

1 in stock

Category: SKU: 9781919754994

Description

IRENE HOWAT, TRANSLATED BY MARIANA VILJOEN

As jy in 1850 in Bristol ‘n weeskind was, was die lewe hard maar as jy plek gekry het in Ashley Down, een van George Müller se Kinderhuise, het die toekoms weer gewink. By Ashley Down is daar waarlik na jou omgesien. Dit was soos om in ‘n groot, gelukkige, liefdevolle gesin te wees. George Müller was so ‘n vriendelike man, en Ashley Down was ‘n besondere plek om te wees.

Maar… toe George Müller jonk was, was hy selfsugtig en niemand kon op hom reken nie. Sou jy iemand vertrou wat nie alleen sy vriende se geld gesteel het nie, maar ook sy ouers s’n? Wat het dan die groot verandering gebring? Het die tyd in die tronk hom daartoe gebring om nie meer te steel nie? Was dit die tragiese dood van sy ma wat gekeer het dat hy weer leuens vertel? Wat is dit wat ‘n dief verander het in iemand wat jy kon vertrou met miljoene Rande? Hoe het dit gekom dat hy sy geboorteland, Duitsland, verlaat het om in Engeland te gaan woon?

Vind uit hoe die Here een jong man se lewe merkwaardig verander het van selfsug en inhaligheid, tot dapper en betroubaar; hoe sy hart verlos is van selfgerigtheid. George het die kinders van sy nuwe huis in sy hart opgeneem en die kinders van Bristol het in hom iemand gevind wat sou opkom vir hulle belange. Hulle het hom vertou en liefgehad. George was die kinders se held.

Additional information

Weight 0.145 kg
Item Code

9781919754994

Publisher

WOORD-WAARHEID

Supplier

SHAMMAH BOOKS

Cover

Soft

Original Category

AFRIKAANS

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “MULLER: DIE KINDERS SE HELD – TB”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post comment