ESSAYS VAN ‘n CHRISTEN/COVID19 WEREL BBX

R 35.00

3 in stock

Category: SKU: 7654

Description

BEN BRON

Voorwoord

Ek het hierdie versameling essays laat een Saterdagaand begin
skryf. Hierdie is eerstens my reaksie, uit my studie van die Skrif,
op my eie gebreke en tekortkominge. Die Covid-19 gebeurtenis
het op verskeie vlakke ‘n baie ingrypende impak op my lewe
gehad. Nie net my lewe nie, maar ook my vrou en my kinders
se lewens. Ek en my vrou het baie van ons werk verloor, en
saam met dit inkomste. Dringende operasies wat sou gebeur
kan nie gebeur nie. Ons is in isolasie – ons kan nie met ons
familie en vriende kuier nie.
Ons kan nie kerk toe gaan nie. Kinders kan nie skool toe gaan
nie.
Die lys is lank – om die impak van Covid-19 op ons lewens te
beskryf sal ‘n boek op sy eie vereis.
Ons gesin, ‘n Christelike gesin, moet deur dit alles…. van dit alles
sin maak.
Die prent wat daarbuite geskets word is deurgaans duister.
Mense lewe in vrees. Die moontlike verlies van fisiese, fisieke
en finansiële sekuriteit dryf meeste van die gesprekke wat
gevoer word.

En die Christelike getuienis en begronding is bitter skaars en stil.
Dit was in my lewe ook stil. Met die Here se genade het sy stem
al harder in my lewe begin spreek.
Die essays wat volg is presies dit: essays. Kort persoonlike
oordenkings van waarmee God deur Covid-19 in die wêreld
besig is. En van dit waarmee God deur sy genade in my hart
besig is en was.
Ek is ‘n Christen. En ek is oortuig dat die Christelike lewe slegs
in die konteks van die kerk kan gebeur. Die kerk is dus die basis
waarop ek skilder.
Ek hoop dat die afgelope vyf weke se arbeid vir jou, my leser,
betekenisvol is. En dat dit tot die eer van God, ook in jou lewe,
sal dien.

Additional information

Weight 0.25 kg
Item Code

7654

Publisher

ARJ Books

Supplier

ACROTEQ BOOKS

Cover

Hard

Original Category

AFRIKAANS

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “ESSAYS VAN ‘n CHRISTEN/COVID19 WEREL BBX”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post comment