JESUS – DIE BESTE VRIEND OOIT – SEUNS

R 55.00

3 in stock

Category: SKU: 9781431618545

Description

JIM GEORGE

’n Gids vir ampertiener-seuns oor hoe om elke dag soos Jesus te leef.

Ons almal het ’n vriend nodig op wie ons kan vertrou, en Jesus is die beste vriend ooit. Jong seuns het baie rolmodelle waarna hulle opkyk: sportsterre, sangers, akteurs en ander volwassenes. Maar die beste rolmodel wat is Jesus – die held wat ook ons beste Vriend is.

In sy boek Jesus – die beste vriend ooit ondersoek Jim George 10 maniere waarop ampertiener-seuns elke dag soos Jesus kan leef, en leer hulle belangrike karaktereienskappe soos:

  • Selfvertroue om te wees wie hulle is
  • Moed om die regte keuses te maak
  • Dissipline om take te voltooi
  • Geloof dat die lewe reg sal verloop
  • Fokus om hulle doelwitte te bereik

In Jesus – die beste vriend ooit sal seuns met behulp van eenvoudige selfstudie-vrae ontdek hoe Jesus hierdie karaktertrekke elke dag in sy aardse lewe uitgeleef het en hoe hulle dit ook in hul eie lewe kan doen. Hulle sal leer om seuns te word waarna ander opkyk en seuns wat vir ander die pad na Jesus se liefde en vriendskap wys. 

Ook beskikbaar in Engels onder die titel You Always Have a Friend in Jesus for Boys

OOR DIE OUTEUR

Jim George en sy vrou, Elizabeth, is bekende skrywers van Christelike mate­riaal.  Hy het al meer as ’n miljoen boeke wêreldwyd verkoop en is die outeur van die topverkoper boeke A Boy After God’s Own Heart en A Boy’s Guide to Making Good Choices.

Additional information

Weight 0.15 kg
Item Code

3996

Publisher

CHRISTIAN ART

Supplier

CHRISTIAN ART DISTRIBUTORS

Cover

Soft

Original Category

CHILDREN'S BOOKS

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “JESUS – DIE BESTE VRIEND OOIT – SEUNS”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post comment