EDWARDS: PREDIKER WAT VERSOT WAS – TB

R 75.00

8 in stock

Category: SKU: 9781920290474

Description

CHRISTIAN TIMOTHY GEORGE, TRANSLATED BY MARIANA VILJOEN

Hoewel Jonathan Edwards netsoos enige ander Amerikaanse seuntjie was, was hy tog ook anders.  Die land waarin hy gelewe het, is nie die Amerika van vandag nie  maar was ‘n nuwe wêreld vol avontuur en geleenthede. Veldslae en tomahawks was maar net sommige van die opwindende avonture waarin sy gesin gedeel het.

Maar Jonathan was ook versot op die klein dingetjies in die lewe.  In ‘n tyd van wetenskaplike ontdekkings, het Edwards die heerlikheid van die Here op die mees volmaakte wyse weerspieël gesien in die natuur.  Sy dagboeke is gevul met sketse van plante, diere en spinnekoppe.  Hy het besef dat elkeen van hulle die skeppende vermoë van die Skepper getoon het.

Sy gedagtes was gevul met vrae en hy het geworstel om antwoorde te vind.

Verstandelik was daar min wat by hom kon kers vashou.  Maar dit was nie sy verbasende intelligensie wat hom van ander seuns van sy ouderdom onderskei het nie. Hy mag na kennis gedors het, maar hy het ook ‘n onkeerbare drang na die dinge van God gehad.  Sy genialiteit en sy vermoëns het ingepas by sy geloof en liefde vir die Here Jesus.

Daar sou ‘n tyd aanbreek dat die Verenigde State van Amerika sou terugkyk op hierdie man wat so briljant was, as iemand wat onmiskenbaar ‘n invloed uitgeoefen het as ‘n grondlegger van hulle land.

Additional information

Weight 0.15 kg
Item Code

9781920290474

Publisher

WOORD-WAARHEID

Supplier

SHAMMAH BOOKS

Cover

Soft

Original Category

AFRIKAANS

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “EDWARDS: PREDIKER WAT VERSOT WAS – TB”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post comment