MARY SLESSOR: ‘N VLAM IN DIE HARE – TB

R 85.00

8 in stock

Category: SKU: 9781920290382

Description

CATHERINE MACKENZIE, TRANSLATED BY MARIANA VILJOEN

MARY SLESSOR het ‘n vurige humeur en vlamrooi hare gehad. Sy het grootgeword in die agterbuurtes van Dundee. Haar pa was ‘n alkoholis en haar lewe was een van swaarkry en armoede. Maar die Here het reeds ‘n plan gehad vir haar, om die kopbeenjagters van Calabar te bereik. Hulle was uiters bygelowig, en het in vuilheid en geweld gelewe. So, sonder dat sy dit besef het, het Mary ‘n groot deel van haar lewe deurgebring in die oefenskool vir sending – en dit in die agterbuurtes van Dundee in die 1800’s.

Baie sendelinge wat Calabar toe is, het weer teruggekeer huis toe – om nooit weer gesien te word nie. Maar Mary Slessor het ‘n weg gebaan na juis daardie stamme, waarheen ander sendelinge gevrees het om te gaan. Sy was dapper, impulsief en het nie teruggedeins om te waag nie, en haar humeur was alombekend. Daar word gesê dat selfs hoofmanne lig geloop het as haar oë geflits het.

As jy ooit gewonder het oor wat jy kan doen, lees hierdie boek en besef dit gaan nie oor wat jy kan doen nie, maar oor wat die Here deur jou kan doen… en Hy kan enige iets doen.

Additional information

Weight 0.18 kg
Item Code

7434

Publisher

WOORD-WAARHEID

Supplier

SHAMMAH BOOKS

Cover

Soft

Original Category

AFRIKAANS

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “MARY SLESSOR: ‘N VLAM IN DIE HARE – TB”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post comment