Description
MARY A KASSIAN & NANCY DEMOSS WOLGEMUTH
40 studies oor God se absoluut asemrowende plan vir jou om waarlik vreugdevol vrou te wees.
Soveel vroue kies vandag om die wêreldse standaard van vrouwees agter te laat ten gunste van die Bybelse standaard.
In Vreugdevol vrou ontdek jy in 40 studies wat oor 8 weke strek dat God se ontwerp van ware vrouwees absoluut fantasties is. Elke week se 5 studies sluit in individuele studietyd, groepbespreking en ’n afdeling om dieper in God se Woord te delf. Dít saam met die besprekingsvrae en aanlyn video’s wat addisioneel gebruik kan word, sal jou help om jou volle potensiaal in God te verwesenlik.
Deur die Skrifgebaseerde leringe en insigte ontdek jy die skoonheid, vreugde en vervulling wat daarin lê om as die spesiale vrou te leef wat God jou geskep het om te wees.
Ook beskikbaar in Engels onder die titel Divine Design
OOR DIE OUTEURS
Mary A. Kassian is ’n bekroonde outeur, internasionaal erkende spreker en professor by Southern Baptist Seminary. Sy het al verskeie boeke en Bybelstudies gepubliseer. Mary het aan die University of Alberta gegradueer en het haar doktorsgraad in sistematiese teologie. Sy is wêreldwyd ’n gewilde spreker by konferensies vir vroue. Mary het al op verskeie radio- en televisieprogramme verskyn, waaronder Focus on the Family.
Nancy Leigh DeMoss het miljoene vroue se lewens aangeraak deur Revive Our Hearts en die True Woman-beweging. Haar liefde vir die Woord en die Here is aansteeklik en spreek uit haar konferensiemateriaal, boeke en radioprogramme. Sy het al 18 boeke gepubliseer, waaronder ’n Soeke na God en Leuens wat vroue glo. Besoek gerus www.ReviveOurHearts.com
Reviews
There are no reviews yet.