Description
GREG GILBERT
Die boek Jakobus se bekende frases en aanhalings word gereeld in Christen-gesprekke gebruik: “Elke goeie en
volmaakte gawe kom van Bo.” “Wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.”
Maar behalwe daarvoor, raak dit veral belangrike en moeilike kwessies aan soos rykdom en armoede, salwing
met olie, genesing en die groot vraag oor die verhouding tussen geloof en dade.
Deur insiggewende uitleg van die Bybelteks, met enkele aangehaalde verse, en verrykende toepassingsvrae
ontsluit Nader tot God die Bybelboek Jakobus in 12 studies as ’n oproep tot ’n Godvrugtige lewe. Dit herinner
elke gelowige uiteindelik daaraan dat geloof en gehoorsaamheid hand aan hand gaan.
Reviews
There are no reviews yet.