ASV/NLV PARALLEL NT BYBEL

R 50.00

Out of stock

Category: SKU: 9781431608287

Description

Die Bybel – Afrikaanse Standaard Vertaling en Nuwe Lewende Vertaling (Parallel Nuwe Testament) bied lesers die geleentheid om te sien hoe die teks van die Afrikaanse Standaard Vertaling (ASV), ’n direkte verta­ling, verskil van die Nuwe Lewende Vertaling (NLV), wat ’n dinamies-ekwivalente vertaling is.

 

Die ASV het sy oorsprong uit die Direkte Vertaling soos dit in die Interliniêre Bybel verskyn het, maar is hersien om gemakliker te lees, sonder om van die ver­taalfilosofie van ʼn direkte vertaling af te wyk.

 

Die teks van beide die ASV en die NLV se Nuwe Testament verskyn parallel langs mekaar sodat die Bybelteks maklik vergelyk kan word. Die ASV, as direkte vertaling, probeer so getrou moont­lik aan die bronteks bly deur byvoorbeeld die lang sins­konstruksies, so ken­merkend van Grieks, te behou, asook lengtemate en inhoudsmate (soos vaamsata en el) en geldstukke (soos stater en mina), wat in voetnote verduidelik word.

 

Die Bybel – Afrikaanse Standaard Vertaling en Nuwe Lewende Vertaling (Parallel Nuwe Testament) bied aan lesers ʼn unieke en verrykende Bybellees-ervaring wat die wese en waarde van beide vertalings duidelik maak.

Additional information

Weight 0.441 kg
Item Code

5304

Publisher

CHRISTIAN ART

Supplier

CHRISTIAN ART DISTRIBUTORS

Cover

Soft

Original Category

BIBLE AFRIKAANS